Nigel beskik oor 'n groot klomp talentvolle mense.
Bekende kunstenaars, skrywers en fotograwe kan dié dorp hul tuiste noem en daarom is dit gepas dat 'n nuwe kunsgallery onlangs sy deure in die Ferryvale Winkelsentrum oopgegooi het.
Nita Alberts se droom van 'n kunsgallery/kunswinkel is gebore nadat sy by 'n
informele kunsgallery in Mosselbaai rondgesnuffel het.
Sy het na baie gebede en beplanning besluit om kuns met skryfbehoeftes te kombineer en Staxx Stationers and Art Supplies geopen.
Kunstenaars wat tans in die gallery uitstal is Celia van Niekerk, Eben van der Walt, Michiel Groenewald, Marge Dantu, Roux en Susan Fourie en Tobie van Eck.
(Op die voorbladfoto kan Nita saam met kunstenaar Marge Dantu by van haar skilderye gesien word.)
Jan Cronje, kunstenaar en skrywer, het eendag by Staxx ingestap en was diep beïndruk.
Nita het hom gevra of hy sou belangstel om kunsklasse by Staxx aan te bied en hy was vuur en vlam met die ideë.
Jan, Eben van der Walt en Michiel Groenewald het verlede Saterdag
(8 Mei) voor die winkel gesit en skilder waar mense hul tegnieke en handewerk eerstehands kon ervaar.
Jan is die skrywer van boeke soos Knights of Fury.
'n Groep vriendinne van Nigel het ook van Staxx se fasiliteite gebruik gemaak en hul vernuftigheid om Dot Art op glasbottels aan te bring, getoets.
Die dames het die mooiste versierde bottels vorendag gebring.
Nita sê hulle beplan om elke twee maande 'n nuwe baadjie aan te trek.
So byvoorbeeld, sal hulle gedurende Junie en Julie op fotografie konsentreer.
John Wassenaar, 'n ervare fotograaf met jare se ondervinding onder andere in die koerantbedryf (hy was vir jare die hoof-fotograaf van Rapport) gaan fotografie werkswinkels by Staxx aanbied.
Vir Nita het die droom om aan kunstenaars die nodige blootstelling in hul tuisdorp te verskaf, waar geword.
“Ek kan met trots sê dat gebed die hoeksteen van Staxx Stationers and Art Supplies is,” het Nita afgesluit.
Gaan loer gerus in by hierdie interessante winkel en gallery met kunswerke van uitstaande gehalte.
Kunstenaars Michiel Groenewald, Eben van der Walt en Jan Cronjé het Saterdag hul vernuftigheid met die verfkwas by Staxx Stationers and Art Supplies demonstreer.
Jan Cronje is nie net 'n bekende kunstenaar nie, hy is ook 'n bekende skrywer.
Jan gaan eersdaags met kunsklasse by Staxx Stationers and Art Supplies aanbied.
'n Pragtige kunsgallery het sy deure in Nigel geopen.
Hierdie is 'n moet vir kunsliefhebbers.
Hierdie groep dames het Saterdagoggend gebruik om glasbottels van alle groottes met Dot Art te versier by Staxx Stationers and Art Supplies in Nigel.
Klein Eileen Groenewald volg in haar kunstenaar Pa, Michiel Groenewald se voetspore.
Die nuwe kunsgallery in Nigel bied aan verskeie plaaslike kunstenaars die geleentheid om hul prag-kunswerke uit te stal.
Eben van der Walt besig met 'n skildery by die Staxx Stationers and Art Supplies in die Ferryvale Winkelsentrum in Nigel.
TAP IMAGE/S BELOW TO EXPAND
Swipe images left/right or click image to preview article.
LOCAL SECURITY COMPANY APPREHENDS “MAIZE THIEVES”...
KLEIN HEIDELBERG-SEUNTJIE VERLOOR DAPPER SIEKTESTRYD...
KOMMER OOR MYN WAT TUSSEN HEIDELBERG EN NIGEL BEPLAN WORD...
VOLKIES BUS RECOVERED...
Hoër Volkskool Heidelberg BUS STOLEN - BOLO...
MURDER OF HAWKS COLONEL STRONGLY CONDEMNED...
VEHICLE ENDS UP IN RIVER DESPITE BARRIER TAPE WARNING...
PRAYERS OFFERED UP FOR LITTLE NJABULO WHO IS STILL MISSING...
RENSBURG ACCIDENT CLAIMS YOUNG LIFE...
VAAL SEZ DEVELOPMENT IN LESEDI CLOSE TO REALIZATION...
Rand Water DEEPLY CONCERNED ABOUT DEFAULTING MUNICIPALITIES...
HEIDELBERG RESIDENTS GIVE EMPHATIC THUMBS DOWN TO NEW EXTENTION 24 DEVELOPMENT...
MAJOR BREAKTHROUGH BY HEIDELBERG SAPS IN FIGHT AGAINST CRIME...
KLEIN ETHAN IS TUIS!...
SUCCESSFUL GRADING EVENT HELD AT Ability Academy...
MINISTER LAUNCHES WORKING FOR WATER PROGRAMME IN HEIDELBERG...
UITERS SIEK 10-JARIGE BENODIG GEBED...
ETHAN VORDER MOOI!...
CRIMINAL BROUGHT TO JUSTICE AFTER CHASE...
HIJACKERS SUCCESSFULLY APPREHENDED...
More Latest & Breaking News from Across South Africa
Click here to Edit social accounts