Een van die moordenaars van Andries Swanepoel is verlede week in die hooggeregshof in Benoni vir 12 jaar tronk toe gestuur.
James Robert Randall was net 22 jaar oud ten tyde van die moord by 'n huis in AG Visserstraat, Rensburg wat op 25 Augustus 2019 plaasgevind het.
Hy was
die seun van Alice Graham (lewensmaat van die vermoorde Andries Swanepoel).
Randall het skuldig op die aanklagte van moord gepleit.
Hy is ook drie jaar tronkstraf opgelê op 'n bykomende klagte van regsverydeling wat samelopend met die vonnis van 12 jaar uitgedien sal word.
Die tweede aangeklaagde in die moordsaak, Clifford Basson (66) het onskuldig op die moordklag gepleit en sy saak gaan voort.
Randall en Basson is saam met Alice Graham (44) gearresteer nadat Swanepoel (58) se bebloede liggaam in die huis in Rensburg gevind is.
Die beskuldigdes het glo saam met die slagoffer by dié huis in AG Visserstraat gewoon toe die moord gepleeg is.
Swanepoel en Graham het 'n vierjarige seun gehad wat saam met sy
ouers en ander betrokkenes in die huis gewoon het.
Graham het glo op 5 Desember 2019 in die Johannesburg Vroue Korrektiewe Sentrum (waar sy aangehou is terwyl die hofsaak sy loop geneem het) aan 'n oordosis pille gesterf.
Clifford Basson was glo die opsigter van die betrokke huis en het saam met die drie volwassenes en kleuter in 'n woonwa en tent op die erf gewoon.
'n Bykomende klag van seksuele misdryf met 'n minderjarige is in 2019 by Basson se moordklag gevoeg.
Basson was uit op parool (toe die moord gepleeg is) vir 'n vorige skuldigbevinding van 'n seksuele misdryf waarvoor hy tronkstraf uitgedien het.
Basson se verhoor is tot 14 Mei uitgestel.
Andries Swanepoel se bebloede liggaam is in 2019 in 'n huis in Rensburg gevind.
Een van die verdagtes in die moordsaak, het 12 jaar tronkstraf gekry nadat hy skuld beken het.
TAP IMAGE/S BELOW TO EXPAND
Swipe images left/right or click image to preview article.
LOCAL SECURITY COMPANY APPREHENDS “MAIZE THIEVES”...
KLEIN HEIDELBERG-SEUNTJIE VERLOOR DAPPER SIEKTESTRYD...
KOMMER OOR MYN WAT TUSSEN HEIDELBERG EN NIGEL BEPLAN WORD...
VOLKIES BUS RECOVERED...
Hoër Volkskool Heidelberg BUS STOLEN - BOLO...
MURDER OF HAWKS COLONEL STRONGLY CONDEMNED...
VEHICLE ENDS UP IN RIVER DESPITE BARRIER TAPE WARNING...
PRAYERS OFFERED UP FOR LITTLE NJABULO WHO IS STILL MISSING...
RENSBURG ACCIDENT CLAIMS YOUNG LIFE...
VAAL SEZ DEVELOPMENT IN LESEDI CLOSE TO REALIZATION...
Rand Water DEEPLY CONCERNED ABOUT DEFAULTING MUNICIPALITIES...
HEIDELBERG RESIDENTS GIVE EMPHATIC THUMBS DOWN TO NEW EXTENTION 24 DEVELOPMENT...
MAJOR BREAKTHROUGH BY HEIDELBERG SAPS IN FIGHT AGAINST CRIME...
KLEIN ETHAN IS TUIS!...
SUCCESSFUL GRADING EVENT HELD AT Ability Academy...
MINISTER LAUNCHES WORKING FOR WATER PROGRAMME IN HEIDELBERG...
UITERS SIEK 10-JARIGE BENODIG GEBED...
ETHAN VORDER MOOI!...
CRIMINAL BROUGHT TO JUSTICE AFTER CHASE...
HIJACKERS SUCCESSFULLY APPREHENDED...
More Latest & Breaking News from Across South Africa
Click here to Edit social accounts